Advertorial Gallery Video
BESIGHEIDSNUUS EN VIDEO - Mosselbaai is die tuiste van twee dinamiese oogkundiges vir wie oogsorg 'n passie en nie 'n beroep is nie. Bernard en Ute King, beide 30, vier hierdie maand hul onderskeie praktyke se eerste verjaarsdae.
Dié dinamiese egpaar het saam optometrie by die Universiteit van Johannesburg studeer en in 2015 hul studies voltooi.
Fotogalery: Execuspecs open hulle deure
Ute wou nog altyd in Mosselbaai bly en het in 2016 hierheen getrek, waar sy as oogkundige begin werk het. Bernard het eers 'n jaar se prakties in Namibië voltooi voordat hy by Ute aangesluit het.
Die Kings is in 2021 getroud en het kort daarna die geleentheid gekry om hul eie praktyke hier te begin. Saam sit die Kings koppe bymekaar om uitsonderlike oogsorg aan Mosselbaaiers te lewer.
Op 1 Julie het hulle Execuspecs by die Langeberg Mall oopgemaak en slegs twee weke later, op 15 Julie, het Spec-Savers by die Hartenbos Seefront se deure geopen.
Dinamies
Ute sê hoewel dit 'n groot stap vir hulle was om hul eie praktyke te open, was dit nog altyd hul droom. "Die tyd was reg en die geleentheid het homself voorgedoen. My ouma het altyd gesê jy moet woeker met jou talente. Optometrie is my en Bernard se passie en ons geniet regtig wat ons doen. Vir ons is dit nie net 'n werk nie, dit is 'n leefstyl!"
Die Kings staan reeds vir 'n jaar aan die stuur van dié twee uiteenlopende en dinamiese praktyke.
Spec-Savers Hartenbos en Execuspecs Langeberg word saam deur Bernard en Ute bestuur. "Spec-Savers is 'n alombekende en betroubare handelsnaam. By Spec-Savers Hartenbos is ons doel om pasiënte op hul gemak te stel en om die nodige raad te gee sodat al hul behoeftes vervul word. Ons pasiënte is gemaklik in ons praktyk en het vertroue in ons. Pasiënte kan verwag om persoonlike, vriendelike diens en internasionale produkte teen bekostigbare pryse by ons te ontvang. Ons wil hê pasiënte moet met 'n geruste hart uit ons praktyke stap," sê Bernard.
Pret en kwaliteit
Execuspecs Langeberg is 'n vars bries in Mosselbaai en Ute beskryf die handelsnaam as pret.
Sy sê weens die groot getal jonger inkommers in Mosselbaai bied Execuspecs ook vir dié mark rame wat speels en kwaliteit is.
VIDEO - Dinamiese paartjie aan die stuur van oogsorg (Video: Louise Karsten & Redigering: Jannie du Plessis).
"My pasiënte wat egter die meeste uit hulle boksies klim is die ouer dames. Dit is vir my belangrik dat my pasiënte opgewonde moet wees oor 'n nuwe bril. Execuspecs bring iets uniek en selektief na Mosselbaai. Ons kies ons produkte met die hand. Dit is individualisties."
Ute en Bernard kry deurgaans nuwe opleiding en het groot planne vir die toekoms in die pyplyn.
"Ons wil deurgaans vernuwe en daar is baie goed wat ons gaan bring wat Mosselbaai nog nie het nie." Die paartjie het ook 'n passie om ondersteuning te bied aan families met kinders met spesiale behoeftes. Beide praktyke se personeel is opgelei om die oogtoets-ervaring vir die families so gemaklik as moontlik te maak.
Execuspecs is oop Maandag tot Vrydag, 09:00-18:00 en Saterdae 09:00-14:00. Spec-Savers is oop Maandag tot Saterdag vanaf 09:00 tot 17:00.
Kontak Execuspecs Langeberg by 044 312 0970 of Spec-Savers Hartenbos by 044 312 0980.
Bernard en Ute King is 'n dinamiese span en bring kwaliteit oogsorg na Mosselbaai.
'Ons bring jou die nuutste Mosselbaai, Tuinroete nuus'