Sponsored Content
SAKENUUS - Met die see amper rondom jou en die Kaapse seelug bokant jou, is ATKV-Hartenbos beslis jou antwoord vir die perfekte gesinsvakansie.
By ATKV-Hartenbos word elke gas deur pragtige natuurtonele en met ongekende gasvryheid verwelkom. Dit is daarom geen verrassing dat hierdie oord as die ATKV se vakansieparadys bekendstaan nie.
Hartenbos lê op die wêreld-bekende Tuinroete tussen Kaapstad en Port Elizabeth, ongeveer agt kilometer van Mosselbaai en 40 kilometer van George-lughawe.
Asof die natuurskoon nie genoeg rede is om die wêreldbekende Tuinroete jou keuse vir 'n wegbreek te maak nie, spog ATKV-Hartenbos ook met 'n verskeidenheid ontspanningsgeriewe, fasiliteite en vermaakaktiwiteite soos 'n pretpark, mini-gholf en nog vele meer.
Hartenbos dien ook as die ideale basis vanwaar jy die magdom toeriste-aantreklikhede in die omgewing kan verken, en streef daarna om altyd veilige en skoon omgewing te bied.
Die oord is ook 'n uitsoekplek vir 'n heerlike woonwavakansie.
Hierdie pragoord bied verder verskillende soorte selfsorg-akkommodasie vir elke smaak, insluitend rondawels, strandhuise en rivieroewerhuise, asook verskeie luukse verblyfopsies met bed en ontbyt by Seefront Solders.
Benewens 'n verskeidenheid van akkommodasie-opsies, waar jy per eenheid betaal en nie per persoon nie, is die oord ook 'n uitsoekplek vir 'n heerlike woonwavakansie.
Die mini-gholfbane van die ATKV is baie gewild.
Die magdom kampeerstaanplekke tot jou beskikking is elk toegerus met 'n kragpunt, met 'n keuse van see-uitsig of nie see-uitsig.
Danksy ons lojale gaste wat gereeld 'n draai by die oord kom maak, is ATKV-Hartenbos een van die mees gesogte vakansiebestemmings in Suid-Afrika.
As jy 'n ruskans kort, en op soek is na vars seelug en branders wat op jou voorstoep breek, is ons jou antwoord!
Die ATKV-Hartenbos spog met 'n verskeidenheid ontspanningsgeriewe, onder andere 'n verhitte swembad.
Waarvoor wag jy? Bespreek sommer nou jou volgende seevakansie by ATKV-Hartenbos.
Neem 'n wegbreek na jou tuiste langs die Tuinroete en kom geniet bekostigbare Mosselbaai-pret!
Skakel gerus die oord by 044 601 7200 of bespreek aanlyn by www.atkvoorde.co.za.
Die ATKV-Hartenbos staan bekend as 'n vakansieparadys.
‘Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus’