Sponsored Content
SAKE NUUS - Statistieke dui daarop, dat om ‘n indringer in jou woning te betrap, onder Suid-Afrikaners se grootste vrese is.
Dit is om hierdie rede dat die Mosselbaai Aftree- en Leefstyloorde met trots kan sê dat hulle roem op die beste sekurteitstelsel tans beskikbaar in die Suid-Kaap.
Die oord het groot moeite gedoen om seker te maak dat hulle huidige sekuriteitstelsel, wat op vier pilare berus, deeglik nagevors en beproef is voordat dit geïmplementeer is. Die stelsel word ook gereeld getoets en nagegaan ten einde seker te maak dat dit optimaal effektief bly.
Uiters streng toegangsbeheer behels dat slegs personeel en inwoners kan toestemming gee dat enige ander persone, hetsy besoekers, werkers of kontrakteurs die oorde kan betree. Toegangsbeheer geskied by twee kontrolepunte voordat die woonperseel betree kan word.
Alle kontrakteurs en ander werkers word deur ‘n MIE-stelsel geprosesseer waarvolgens hulle vingerafdrukke gelaai, asook alle ander beskikbare persoonlike rekords nagegaan word.
Die oorde spog tans ook met ondeurdringbare omheiningsbeheer danksy ‘n verskeidenheid kameras wat die perimeter beskerm. Dit sluit in gewone, infrarooi asook termiese kameras, wat van slimtegnologie gebruik maak om te onderskei tussen byvoorbeeld ‘n dier en ‘n mens. Kameras word deurentyd gemonitor vanuit ‘n moderne en effektiewe beheersentrum.
Laastens, word die inwoners van die aftree- en leefstyloorde voortdurend deur middel van inligtingsessies op hoogte gehou van maatreëls en wenke om hulle persoonlike veiligheid te verbeter. Hierdeur word inwoners bemagtig om self meer weerbaar en paraat te wees.
Nuvest (Pty) Ltd, waarvan die Kondotel Groep ‘n aandeelhouer is, is die ontwikkelaar. Die Kondotel Groep het sedert 1971 verskeie suksesvolle ontwikkelings reg oor die land gedoen.
Die volgende opwindende ontwikkelingsfase van die Mosselbaai Aftree- en Leefstyloorde, wat ‘n ruim dienssentrum en kleiner wooneenhede insluit, is reeds in aanbou.
Vir meer inligting oor die opsies beskikbaar by die Mosselbaai Aftree- en Leefstyloorde, skakel Willie Smith (061 147 6495), die bemarkingsdirekteur.
Besoek ook:
- https://aftreebydiesee.co.za/mossel_bay_retirement_village/
- https://www.facebook.com/mosselbaaiaftree/
Mosselbaai Aftree- en Leefstyloorde roem op die beste sekurteitstelsel huidiglik beskikbaar in die Suid-Kaap.
'n Verskeidenheid kameras beskerm die perimeter.
'Ons bring jou die nuutste Mosselbaai, Tuinroete nuus'