Sponsored Content
SAKE NUUS EN VIDEO - Aftrede is iets om na uit te sien! Indien jy egter gedurende die jare voor jou aftrede nie behoorlik beplan het nie, kan ‘n onsekerheid aangaande jou heenkome ‘n angswekkende realiteit word, iets waaraan jy liewer nie wil dink nie.
Indien jy op die oomblik onseker oor jou heenkome na aftrede is, is dit aan te beveel dat jy dringend in die rigting begin kyk.
'n Goed beplande aftree-oord wat jou 'n stap nader aan 'n sinvolle aftrede met gemoedsrus bring behoort so gou as moontlik oorweeg te word. ‘n Aftree-oord behoort so beplan te wees dat jy ruim geleentheid het om ‘n aktiewe, onafhanklike leefstyl waaraan jy gewoond is, sinvol voort te sit. 'n Volledige dienssentrum en sorgeenheid bied jou verder gemoedsrus vir die dag wanneer die ouderdom met sy kwale onverwags aan jou deur kom klop en jy ondersteuning en versorging begin nodig kry.
'n Wooneenheid in ‘n aftree-oord maak nie net sin vir diegene wat reeds aftree-ouderdom bereik het en na 'n plekkie soek waar hulle met gerief, gemoedsrus en veiligheid kan woon nie. As jy nog net droom van aftrede, maak dit sin om nóú reeds in ‘n wooneenheid te belê in 'n aftree-oord as deel van jou toekomsbeplanning.
Volle eiendomsreg bied jou die geleentheid om op 'n jonger ouderdom 'n wooneenheid vir jou aftrede te koop en dit eers te verhuur totdat jy dit self kan gebruik of aan ouers en familie beskikbaar kan stel.
Nuvest (Eiendoms) Beperk bied jou nou die geleentheid om werklik uit te sien na jou aftrede in 'n aftree-oord wat jou behoeftes soos 'n handskoen pas. Ons stel jou voor aan Mosselbaai Aftree en Leefstyloorde – 'n goed beplande aftree- en leefstyloord wat jou 'n stap nader aan 'n sinvolle aftrede met gemoedsrus bring.
As jy nog net droom van aftrede, maak dit sin om nóú reeds in ‘n wooneenheid te belê in 'n aftree-oord as deel van jou toekomsbeplanning.
Nuvest (Eiendoms) Beperk se projekspan het individueel en gesamentlik oor die afgelope 48 jaar sukses behaal met die ontwikkeling van ‘n wye verskeidenheid eiendomme wat residensiële landgoedere, vakansie-akkommodasie, kommersiële en hotelontwikkelings insluit. Die konserwatiewe en kliëntgerigte benadering wat gevolg word, het verseker dat hulle steeds in die bedryf werksaam is ten spyte van die feit dat groter name in die moeiliker tye uit die bedryf verdwyn het.
Kyk 2 video's hieronder:
Nuvest (Eiendoms) Beperk is nie net self die eienaars van die grond wat ontwikkel word nie, maar neem ook saam met die projekspan beheer en bestuur van al die aspekte van die ontwikkeling. Dié omvattende benadering verseker dat die belange van ‘n koper op al die terreine van die ontwikkeling aangespreek en beskerm word.
Dit verseker ook dat die ontwikkeling koste-effektief gedoen kan word en kopers uiteindelik eenhede teen baie mededingende markpryse kan bekom wanneer kooppryse vergelyk word met dié van aftreeoorde wat soortgelyke omvattende fasiliteite bied.
Indien jy op die oomblik onseker oor jou heenkome na aftrede is, is dit aan te beveel dat jy dringend in die rigting begin kyk.
Skakel vir Willie Smith by 061 147 6495, Direkteur Bemarking by Nuvest (Eiendoms) Beperk, en gesels met hom oor ‘n aftreeoord wat sal inpas in jou aftree beplanning.
Volg ons op facebook, of lees meer op ons webtuiste, aftreebydiesee.co.za.
'Ons bring jou die nuutste Mosselbaai, Tuinroete nuus'