Advertorial
BESIGHEIDSNUUS - Alzheimersiekte is die vinnigste groeiende siekte ter wêreld. "Alzheimers is besig om toe te neem en indien 'n familie nie 'n geliefde met Alzheimer se siekte kan versorg nie, is dit belangrik om 'n plek en omgewing te identifiseer waar daardie persoon liefde, aandag en erkenning kry." So sê Hein Marx, die sentrum-eienaar van Adler's Nest.
Adler's Nest bied reeds vir die afgelope sewe jaar hoë kwaliteit sorg en is 'n ideale tuiste vir ouerwordende persone wat verswak is, asook aan demensie en Alzheimer se siekte ly.
"Ons baseer alles wat ons hier doen op die kernbeginsels van aandag, liefde en erkenning. By Adler's Nest bied ons 'n veilige, vreedsame en stil omgewing. Ons reëls is nie rigied nie, omdat ons wil hê die inwoners en enige besoekers moet so tuis as moontlik hier voel," sê Hein.
Een van die sentrum se grootste pluspunte, is dat Adler's Nest nie 'n waglys het nie.
Hein sê hy en sy personeel probeer dadelik help en doen wat nodig is om dit so vinnig moontlik te laat gebeur.
Adler's Nest is in die ongerepte natuurskoon van Aalwyndal geleë. "Ons sentrum is mooi, maar ons het ook personeel wat regtig omgee."
Buiten verswaktesorg, is uitstekende mediese sorg 24 uur per dag ook beskikbaar.
Die aktiwiteitsprogram vir inwoners bied 'n verskeidenheid en sluit in bingo, kaartspeel, danse, musiek, verf, inkleur, kleiwerk en buitelugaktiwiteite.
Kontak Hein (082 801 5399) of besoek www.adlersnest.co.za of stuur 'n e-pos na info@adlersnest.co.za
‘Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus’