Die dag is deur BKB in samewerking met die NWKV aangebied en was weereens ‘n reuse sukses. Dit is vir die 35ste keer aangebied, wat ‘n wonderlike prestasie en getuigskrif vir hierdie streek se skaapboere is. Daar was vanjaar 100 skape van 10 deelnemers. Die ooie was weer eens van uitstaande gehalte met goeie bouvorm en goeie kwaliteit wol.
Die kompetisie is deur Gawie van Wyk (NWKV, Carnarvon ) en Kobus Louw (BKB, Swellendam/ Heidelberg) beoordee terwyl die punte deur Abraham Landman (NWKV, Caledon) verwerk is en die prysuitdeling deur Werner Olivier (BKB, Senior woltegnikus, Port Elizabeth) behartig is.
Pieter Aucamp, Hennie Senekal en Lara van der Walt van BKB het gehelp met die reëlings en die dag is afgesluit met 'n heerlike spitbraai.
Die wenners is soos volg aangewys:
- Algehele Wenner: André de Jager – Swartklip, Albertinia
- Beste Ooi : André de Jager – Swartklip, Albertinia
- Beste Wol : Willie Oosthuizen – Môreson, Albertinia
- Beste Bouvorm : Saag Jonker Familie Trust – Schoonberg, Herold
- Beste Vordering : Flip Fivaz – Arbeidsloon, Mosselbaai
- Wenner tussen 300- 500 ooie gepaar : Flip Fivaz – Arbeidsloon, Mosselbaai.
Die onderskeie deelnemers, borge en organiseerders - in die middel met die trofeë is die pryswenners van die onderskeie afdelings - van links: Frikkie van der Walt (wenner beste bouvorm, Saag Jonker Familie Trust, Schoonberg, Herold), André de Jager (algehele wenner en beste ooi van die dag wenner, De Jager Boerdery, Swartklip, Albertinia), Willie Oosthuizen (wenner beste wol, Môreson, Albertinia) en Flip Fivaz (wenner tussen 300-500 ooie gepaar en beste vordering in kudde, Arbeidsloon, Mosselbaai).
'Ons bring jou die nuutste Mosselbaai | Tuinroete nuus'