MOSSELBAAI NUUS - As jy gister, Vrydag, 22 Desember, die Afrikaans is Groot-vertoning by die ATKV Amfiteater op Hartenbos misgeloop het, het jy vanaand nog kans om kunstenaars soos Demi Lee Moore, Riaan Benade, Riana Nel, Brendan Peyper, Ruhan du Toit, Corlea, Bobby van Jaarsveld, en Die Kontrak seisoen 3 wenner, Chris Steyn, op die verhoog te sien.
Die gewilde Afrikaans is Groot-span is terug met skitterende musiek en vermaak vir die hele gesin met die Afrikaans is Groot vertoning vanaand in Stilbaai.
Na 'n onvergeetlike fees in Hartenbos einde 2022, is die produksie span verheug om die fees hierdie jaar nie net in Hartenbos nie, maar ook in die pragtige Stilbaai aan te bied.
Die Afrikaans is Groot GrootFees is 'n geleentheid vir vakansiegangers in die Tuinroete om saam met hul gunsteling sangers 'n onvergeetlike familiedag te beleef. Dit beloof 'n ongekende konsertervaring met groot kunstenaars op die verhoog en 'n verskeidenheid kosstalletjies en vermaak vir die jongspan.
Hekke maak 17:00 oop en die vertoning begin om 19:00 en duur tot ongeveer 22:00. Kaartjies is beskikbaar by iticket.co.za of deur 086 1000 291 op jou selfoon te skakel. (kostes is van toepassing).
‘Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus’