MOSSELBAAI VERMAAKSNUUS - Word meegevoer na die trappe van Montmartre of die oewers van die Seine - in Mosselbaai!
'n Heerlike konsert wag op Mosselbaaiers wanneer die Kaapse Franse Kwartet Ooh La La! en sanger Aviva Pelham kom optree.
Gunstelinge soos Edith Piaf se Milord en La Vie En Rose, Gary Moore se Parisienne Walkways, 'n bietjie Jacques Brel en 'n bietjie Michel Legrand - en ander Franse treffers is op die program. Ooh La La! bestaan uit Matthew Reid (klarinet), Kerryn Torrance (viool), André van Vuuren (musette akkordion) en Brydon Bolton (basviool).
Aangesien die konsert 'n spesiale bederf is en nét in Mosselbaai plaasvind, word bespreking sterk aanbeveel. Dit vind plaas op Donderdag, 14 Maart by die Dias Museum. Die konsert begin om 19:30 en deure open om 18:00. Kaartjies (R110) vir lede van die Mosselbaai Kunstevereniging, R130 vir nie-lede en R30 vir skoliere, kan by die Espresso Spot, binne die Dias Museum, langs die karveel gelëe, bekom word van Maandae tot Saterdae tussen 09:00 en 15:00. Inligting is by Abé Meintjes beskikbaar (083 268 3718).
'Ons bring jou die nuutste Mosselbaai, Tuinroete nuus'