MOSSELBAAI NUUS - Die 2023 MossJazz-fees vind hierdie jaar weer by Santos strand plaas. Dié fees skop vandag af en duur tot Sondag, 26 November.
Mosselbaai kan dié naweek 'n taamlike toename in toeriste en veral jazzliefhebbers van regoor die land verwag, wat vir hotelle, ander verblyfplekke en klein besighede baie voordelig sal wees.
Met blouvlag-status is Santos strand ook van die beste wat Mosselbaai kan bied. Daar is meer as genoeg beskerming teen die elemente en gehalte kampeerterreine is binne loop- en ryafstand maklik bereikbaar teen bekostigbare tariewe.
As een van die beste toerismebestemmings in Suid-Afrika bied Mosselbaai is die gewilde MossJazz-fees 'n geleentheid wat nie misgeloop moet word nie.
Bring jou kampstoel en kom ontspan met die geruis van die see in die agtergrond, goeie jazz op die voorgrond, en verkeer gesellig saam met musikante en ander musiekliefhebbers.
Om 'n feeskaartjie te bekom sal jy dit by catchthewave.co.za webwerf moet aankoop. Jy kan kies om 'n naweek- of dagkaartjie te koop. Groter produksiewaardes bring 'n groter klank- en visuele ervaring van die musiek by dié jaar se fees.
Kaartjies is beskikbaar by: https://catchthewave.co.za/tc-events/mosjazz-2023/
‘Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus’