MOSSELBAAI NUUS - Maak gereed vir Afrikaans is Groot se GrootFees vanaand by die ATKV Amfiteater in Majubalaan op Hartenbos.
Die gewilde Afrikaans is Groot-span is terug met skitterende musiek en vermaak vir die hele gesin. Na 'n onvergeetlike fees in Hartenbos einde 2022, is die produksie span verheug om die fees hierdie jaar nie net in Hartenbos vandag, 22 Desember, aan te bied nie, maar ook in die pragtige Stilbaai môre, Saterdag, 23 Desember.
Kunstenaars soos Demi Lee Moore, Riaan Benade, Riana Nel, Brendan Peyper, Ruhan du Toit, Corlea, Bobby van Jaarsveld, en Die Kontrak seisoen 3 wenner gaan die gehore vermaak.
Die GrootFees, is 'n geleentheid vir vakansiegangers in die Tuinroete om saam met hul gunsteling sangers 'n onvergeetlike familiedag te beleef. Dit beloof 'n ongekende konsertervaring met groot kunstenaars op die verhoog en 'n verskeidenheid kosstalletjies en vermaak vir die jongspan.
Hekke maak 17:00 oop en die vertoning begin om 19:00 en duur tot ongeveer 22:00. Kaartjies is beskikbaar by iticket.co.za of deur 086 1000 291 op jou selfoon te skakel. (kostes is van toepassing).
‘Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus’