MOSSELBAAI NUUS - Maak gereed vir Afrikaans is Groot se Alternatief is Groot Woensdag, 27 Desember, by die ATKV Amfiteater in Majubalaan op Hartenbos.
Dié fees word hierdie jaar nie net in Hartenbos aangebied nie, maar ook in die pragtige Stilbaai vanaand, Dinsdag, 26 Desember.
Hierdie konserte sluit kunstenaars soos Francois van Coke en Die Piesangskille in, met nog kunstenaar-verassings wat die verhoog sal deel.
Die fees is 'n geleentheid vir vakansiegangers in die Tuinroete om saam met hul gunsteling sangers 'n onvergeetlike familiedag te beleef.
Dit beloof 'n ongekende konsertervaring met groot kunstenaars op die verhoog en 'n verskeidenheid kosstalletjies en vermaak vir die jongspan.
Hekke maak 17:00 oop en die vertoning begin om 19:00 en duur tot ongeveer 22:00. Kaartjies is beskikbaar by iticket.co.za of deur 086 1000 291 op jou selfoon te skakel (kostes is van toepassing).
‘Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus’