Plaaslike nooddienste is vandag bygestaan deur lugsteun en die polisie se K9 Outeniqua-honde-eenheid van George nadat bekend geword het dat daar na onderskeidelik Katrien Michaels en Dieter van der Berg gesoek word.
Van der Berg word sedert Sondag vermis nadat hy by die St Blaize-wandelroete afgelaai is. Michaels is omstreeks 01:30 vanoggend laas lewendig gesien voordat sy vermoedelik van die rotse by grotte op die wandelpad agter die Van Riebeeckstadion na benede geval het.
