Vermiste persone op St Blaize-staproete

'n Nooddienshelikopter op die toneel.

MOSSELBAAI NUUSFLITS - Daar heers tans ‘n groot teenwoordigheid van polisie, nooddienspersoneel en buurtwaglede by die St Blaize-wandelroete waar na vermiste persone gesoek word.

Een van die vermiste persone is geïdentifiseer as mnr Losper, 'n man wat agter die Van Riebeeckstadion in die grotte gebly het.
 
Sover vasgestel kon word, het hy en 'n vrou ongeveer 18:00 gisteraand na die grotte gegaan. Na wat van die polisie verneem word, het Losper en die vrou vroeër geargumenteer. Die vrou se liggaam is omstreeks 01:30 vanoggend op die rotse opgemerk.
 
Sedertdien is die dienste van ‘n helikopter, nooddienspersoneel en abseilers van George ingespan om tot by die vrou te vorder.
 
Nog 'n man vermis
In ‘n onverwante voorval word ook gesoek na mnr Dieter Johannes van den Berg wat laas op 12 Maart ook in die omgewing van die Van Riebeeckstadion gesien is en sedertdien as vermis aangegee is. Hy is 52, was laas gesien in ‘n blou Levi denim, khakihemp met ‘n khakihoed en tekkies.
 
Hy was vermoedelik ook op die St Blaize-wandelroete. Enige persoon wat hom opmerk, word versoek om Ao Lordan (082 302 6858 of 044 606 2805) van die Mosselbaai-polisiestasie te kontak.
 
 
Dieter Johannes van den Berg 

 
'Ons bring jou die nuutste Mosselbaai, Tuinroete nuus'


Your Comments

Copyright 2017 Group Editors Co PTY Ltd t/a Mossel Bay Advertiser