Update Video
MOSSELBAAI NUUSFLITS EN VIDEO - 'n 20-jarige man wat van die wrede moord op ‘n 32-jarige vrou verdink word het vandag vir die eerste keer in die Groot-Brakrivier Landdroshof verskyn.
Die slagoffer, Jenneline Hansen se verminkte liggaam is Saterdag in ‘n veld naby Green Haven deur voetgangers ontdek.
Volgens die polisie is Hansen aangerand en met ‘n skerp voorwerp in die nek gesteek.
Sy het in ‘n Hospitaal op Mosselbaai aan haar wonde beswyk.
Hansen se ouers, Hennie en Tries het die polisie bedank vir die vinnige arrestasie.
Kyk 'n video hieronder:
Lees 'n vorige artikel: Man aangekla van moord
Lees meer in Vrydag se Mossel Bay Advertiser, asook aanlyn.
ARTIKEL & VIDEO: LOUISE KARSTEN, MOSSEL BAY ADVERTISER-JOERNALIS
'Ons bring jou die nuutste Mosselbaai, Tuinroete nuus'