MOSSELBAAI NUUS - Op Saterdag, 23 Februarie het Eden hengelassosiasie se sewende ligakompetisie plaasgevind. George het daarin geslaag om die beste te vaar op die betrokke dag wat plaasgevind het op Wildernis.
Die hengelaars het bymekaargekom by Kleinkrans en het gehengel van 07:00 tot 15:00. Die grootste oneetbare vis, 'n bulrog-pylstert van 37.96kg is ingeweeg deur Bernard van Wyk van George-hengelklub.
Die grootste eetbare vis is geland deur Kyle Small van Knysna-klub en was 'n kabeljou van 39.18kg. Die top hengelaar van die dag was Kyle Small met 90.30 punte.
Small was ook die top o/21 hengelaar. Die top vrou van die dag was Elzaan Cronje van Stilbaai-klub met 24.59 punte met Jayden Koopman van Atlantic-hengelklub in George die top o/16 hengelaar met 29.84 punte.
Die top meester was Deon Naude van Triton-klub (Mosselbaai) met 34.80 punte en die groot meester was André Grundling van George-klub met 32.78 punte.
Die pryse vir gelukstrekking is geskenk deur Triton-hengelklub in Mosselbaai en borge betrokke word bedank.
Alle visse is lewendig teruggeplaas om bewaring te bevorder.
Kyle Small van Knysna met 'n kabeljou van 39kg.
Hammie Renken van Triton-klub met 'n hondhaai.
'Ons bring jou die nuutste Mosselbaai, Tuinroete nuus'