TUINROETE HENGELNUUS - Outeniqua-klub van George het die Eden-hengelvereniging se vyfde hengelkompetisie wat op Saterdag, 25 Januarie op Plettenbergbaai plaasgevind het, oorheers.
Hendrico Lesch van Outeniqua (372.32 punte) was die tophengelaar.
Eardley Jee van Plettenbergbaai was die topmeester en grootmeester van die dag met 221.59 punte. Die beste vrouehengelaar was Elzaan Cronjé (Stilbaai) met 27.69 punte en die beste o/21-hengelaar was Luan Els van Triton-hengelklub in Mosselbaai (335.36 punte).
Die grootste oneetbare vis - 'n skeurtandhaai van 220,53kg - is deur Eardley Jee van Plettenbergbaai gevang.
Die grootste eetbare vis, 'n steenbras van 13,45kg, is geland deur Danie Lodewyk van die Triton-klub in Mosselbaai.
Luan Els van die Triton-hengelklub het hierdie Swart Rog van 96kg gevang.
Die puntestand ná afloop van die vyfde ligabyeenkoms is:
A-liga
1. Outeniqua (1 441.39);
2. Plett (1 244.18);
3. Stilbaai (1 194.75);
4. George (1145.19);
5. Triton (916.05);
6. Atlantic (514.16);
7. Mosselbaai (325.74).
B-liga
1. George (823.70);
2. Triton (806.06);
3. Outeniqua (475.87);
4. Plett (468.31);
5. Stilbaai (423.19);
6. Mosselbaai (131.51);
7. Atlantic (74.06).
C-liga
1. Plett (570.19);
2. Outeniqua (237.59);
3. Triton (143.57);
4. George (122.70);
5. Outeniqua (C2) 25.51.
Die volgende kompetisie is op 1 Februarie.
Vir meer inligting kontak Banie Vermeulen (082 584 6610).
'Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus'