TUINROETE HENGELNUUS - Die Eden-hengelassosiasie het verlede Saterdag, 1 Februarie, hul sesde hengelkompetisie gehou.
Die toestande was baie gunstig vir hengel en Outeniqua van George het weer eens daarin geslaag om die beste te vaar op die betrokke dag wat plaasgevind het op Boggomsbaai. Die hengelaars het gehengel van 07:00 tot 15:00.
Die grootste oneetbare vis is ingeweeg deur Danie Lodewyk van Triton-hengelklub en was 'n bulrog-pylstert van 83.29kg. Die grootste eetbare vis is geland deur Thys Bester van Outeniqua-klub van George en was 'n kabeljou van 6.44kg.
Die top hengelaar van die dag was Andrè Grundling van George-hengelklub met 91.51 punte.
Steve Denny van Triton-klub in Mosselbaai was die top meester met 59.88 punte en Peet May van Mosselbaai klub was die grootmeester van die dag met 6.22punte.
Die top vrou van die dag was Nicole Craus van George-hengelklub met 14.09 punte. Die top onder 21 was Michael Bachle van Plett-hengelklub met 57.57 punte en die top onder 16 was Christiaan Bachle van Plettenbergbaai met 20.30 punte.
Punte van die klubs na die sesde liga is soos volg:
A liga
- Outeniqua 1704.49
- Plett 1425.53
- George 1361.31
- Stilbaai 1253.88
- Triton 1130.81
- Atlantic 625.35
- Mosselbaai 418.76
B liga
- Triton 925.04
- George 873.93
- Outeniqua 570.74
- Plett 507.82
- Stilbaai 443.85
- Mosselbaai 148.96
- Atlantic 76.84
C liga
- Plett 571.10
- Outeniqua 247.09
- Triton 169.47
- George 138.34
- Outeniqua(C2) 25.51
- Stilbaai 21.71
- Plett(C2) 3.93
Die volgende kompetisie vind plaas op 7 Maart.
Vir meer inligting skakel Banie Vermeulen by 082 584 6610.
'Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus'