TUINROETE NUUS - Die jaarlikse Sportcentre deurnag-hengelderby vind hierdie naweek, 8 en 9 Desember plaas.
Groot pryse ter waarde van R45 000 is op die spel en sluit ook talle gelukstrekkings asook vir die wenners van die vroue-, o/21- en o/16-afdelings in.
Kompetisie word op rots, strand en rivier gehengel (bote op rivier ook toelaatbaar). Kaartjies is R50 per hengelaar en is beskikbaar by Sportcentre, Arms & Tackle, X-Treme Fishing en Pacaltsdorp Spar op George asook by J & J Marine Sales en X-Treme Outdoors in Mosselbaai en Sportcentre en Breezers in Knysna.
Vir enige navrae kontak Jaco by Sportcentre (044 873 4240) of Tersius Baard (082 965 5904).
'Ons bring jou die nuutste Tuinroete nuus'