MOSSELBAAI NUUS - Club 30, ‘n organisasie wat in die lewe geroep is ter ondersteuning van sportmanne en -vroue, in samewerking met Mosselbaai Barbarians, het Saterdag, 7 Desember, sy jaareindfunksie by ‘n uithang-geleentheid in die D’Almeida Gemeenskapsaal gehou.
Die prysuitdeling en verering van spelers het hiermee gepaard gegaan.
‘n Vingerete met musiek en 'n gelukkige trekking was deel van die aand se verrigtinge.
Spelers wat spesiale toekennings ontvang het, was Zandre Hatting (Derdespan-speler van die Seisoen), Danwin Thomas (Tweedepan-speler van die Seisoen), Barend Alexander (Eerstespan-speler van die Seisoen), Abongile Mdoda (Junior Sportman van die Jaar) en Bradley Sumaro (Senior Sportman van die Jaar).
Verskeie mense het met gelukkige trekkings weggestap. Alain en Melanie Brandt het die pys as bes geklede paartjie vir die aand gewen.
Die nuut verkose voorsitter van die klub, Alistair Brinkhuis, het in sy toespraak eenheid en samewerking beklemtoon.
Hy het verder versoek dat spelers en ondersteuners hul samewerking moet gee en mekaar respekteer om die groei en sukses van die klub te verseker.
Alistair Brinkhuis
Die klub se nuwe eerstespan-afrigter, Naz Cupido, se boodskap was duidelik deur spelers te verseker dat eenheid, harde werk op die oefenveld en volle toewyding ‘n nuwe kultuur sal kweek by spelers, afrigters, sowel as ondersteuners.
Naz Cupido
Tesame met Cupido, is Raimothy du Preez verkies by die klub se onlangse algemene jaarvergadering tot tweedespan-afrigter en Xavien Plaatjies is die nuwe derdespan-afrigter.
Raimothy en Felicia du Preez.
Die klub doen ‘n beroep op voornemende spelers of diegene wat wil aansluit by die klub, om met die sekretaris Jade Fillies kontak te maak. Skakel hom, of stuur 'n WhatsApp na 073 663 8936. Die klub kan ook per e-pos gekontak word op barbariansmosselbay@gmail.com.
Vir inligting om by Club 30 aan te sluit, kontak Jessica Brown (083 553 0038) of Deidre Gelderbloem (067 133 3906).
Barend Alexander (Eerstespan-speler van die Seisoen)
Danwin Thomas (Tweedepan-speler van die Seisoen)
‘Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus’