Video
RUGBYNUUS - Sonskynvallei se inwoners het op Jeugdag verlede jaar besluit hulle moet iets doen om die jongmense van die strate te kry en konstruktief besig te hou.
'n Netbal- en rugbyklub is gestig met die eerste wedstryde wat in Oktober verlede jaar gespeel is.
Die afrigter van die rugbyspan, Sunshine United, Christo Olifant, vertel dat die sportdissipline reeds 'n sigbare verskil in die dorp maak.
Die voorsitter van die rugbyklub, Niklaas Meyer het destyds gevra vir borgskappe om te help met oefenklere, wedstrydtruie, rugbystewels en oefentoerusting. Die ATKV-Hartenbosoord het met die begin van dié rugbyseisoen sport-toerusting aan die span geskenk om te help met tegniek tydens oefensessies.
Mornay Beukes, oordbestuurder ATKV-Hartenbos, vertel: "Baie van ons werknemers bly in die area en dis vir ons belangrik om uit te reik en te belê in ons gemeenskap. Ons wil natuurlik hê die spanne moet goed doen en wen.
"Dit gaan nou swaar met die rugby, maar ek glo die oefentoerusting sal help om hul tegnieke en algemene spelpatroon te verbeter. Ons wens vir Sunshine United is dat hulle van krag tot krag sal gaan en ons almal trots maak."
Die oord het ook die sportvelde met spreiligte beskikbaar gestel waar die span Dinsdae- en Donderdagaande oefen. Die afrigter, Christo Olifant vertel: "Sunshine United is vyfde op die log. Dit is baie goed vir 'n span wat vir die eerste jaar in die liga speel. Daar is uitdagings, maar ons werk rondom dit. Ons is baie bly vir die mense wat inkoop in die span en die bestuur wat ons ondersteun. Sonskynvallei het ook nou 'n o/18 span om nog meer jongmense te betrek." Sunshine United speel Saterdag op hul tuis:veld teen Ruiterbos.
VIDEO - Henry Meyer, streeksverteenwoordiger van Agri-Weskaap het die Advertiser vir 'n rit geneem en gesels oor die invloed van die swak paaie op inwoners. Video: Alet Engelbrecht
Sunshine United spelers en hul afrigtingspan, op die ATKV Hartenbosoord se velde met die sporttoerusting wat hulle help om tegniek te verbeter.
'Ons bring jou die nuutste Mosselbaai, Tuinroete nuus'