MOSSELBAAI NUUS - Triton-hengelklub het op 24 Augustus hulle jaarlikse prysuitdeling gehou waartydens sy hengelaars vereer is vir prestasies wat hulle gedurende die afgelope jaar behaal het.
Die volgende lede het almal trofeë verower:
André Els: mees veelsydige hengelaar en grootste bulrog - 76kg.
Luan Els: mees veelsydige junior en top junior tydens liga
Danie Lodewyk: grootste nie eetbare vis (skeurtandhaai - 223kg), grootste steenbras - 12.18kg en grootste stompkop - 10.12kg.
Yolanda Vermeulen: top vroue-hengelaar met die beste vordering vanjaar
Banie Vermeulen: grootste galjoen.
Jacques Snyman: top ligahengelaar, grootste sandhaai en grootste knorhaan - 4.1kg.
Steve Denny: grootste koperhaai - 154kg.
Chris Ferreira: grootste kabeljou - 37.66kg.
Die bestuur van Triton-hengelklub bedank Mosselbaai Tafelronde vir die gebruik van hulle saal.
Luan Els.
Jacques Snyman.
'Ons bring jou die nuutste Mosselbaai, Tuinroete nuus'