Gallery Video
MOSSELBAAI NUUS EN VIDEO - Sedert verlede Woensdag het ‘n stroom geesdriftige jong sportmanne en -vroue in Mosselbaai aangekom om deel te neem aan die sewende jaarlikse Arthur Johnson-sportweek.
Hierdie gewilde gebeurtenis lok jaarliks rugby-, hokkie- en netbalspanne vanoor die hele land en sover as Namibië en hierdie jaar het 31 skole kom deelneem.
Benewens al die sportaktiwiteite, word daar ook elke jaar 'n Mnr en Mej Sportweek gekies.
Die geleentheid het Donderdagaaand in die skoolsaal van Hoërskool Punt plaasgevind waar die 2018 wenners deur ‘n paneel van beoordeelaars aangewys is.
Cé-het Nel van Hoopstad is aangewys as Mej Sportweek terwyl Hoërskool Punt se Calvin Bezuidenhout met die manstitel weggestap het. Die eerste prinses is Kylie Kotze van Elnatan in Stampriet, Namibië en tweede prinses Eleonor Tswaile van Ferdinand Postma in Potchefstroom.
Hoërskool Punt se manne was beslis gewild en Taegan van Niekerk is die eerste prins met Uzain Saban van Grootte Schuur in Kaapstad die tweede prins.
Afrigting deur kundiges het Donderdag en Vrydag plaasgevind en wedstryde het in alle erns Saterdag plaasgevind.
Die finale wedstryde het Maandag plaasgevind waarna die spanne huiswaarts vertrek het.
Kyk 'n video hieronder.
Eleonor Tswaile (2de prinses), Kylie Kotze (1ste prinses), Cé-het Nel (Mej Sportskool), Calvin Bezuidenhout (Mnr Sportskool), Taegan van Niekerk (1ste prins) en Uzain Saban (2de prins).
ARTIKEL, VIDEO & FOTO'S: TERSIA MARAIS, MOSSEL BAY ADVERTISER KORRESPONDENT
'Ons bring jou die nuutste Mosselbaai, Tuinroete nuus'