MOSSELBAAI NUUS - Die NG Moedergemeente Mosselbaai (Klipkerk) bied op Woensdag, 30 Oktober, ‘n rolbaldag by Hartenbos Rolbalklub aan.
Die doelwit is om fondse in te samel vir die kerk se noodlenigingsfonds. Die kerk ondersteun individue en gesinne in enige nood of hartseer situasie by siekte, dood en in krisis situasies.
Dit help verskeie gesinne (sowat 30) met maandelikse kospakkies. Dit ondersteun ook die ACVV se Seebries ouetehuise, Benevolent Park, kinderhuise en rehabilitasie sentrums.
Bydraes
Die rolbaldag se bydraes sal die kerk dus in staat stel om bejaardes, armes en mense in nood te kan help.
Daarby is die rolbaldag ? geleentheid vir lidmate en rolbalspelers om saam te ontspan en om deur sport iets van Christus se liefde te geniet.
Die kerk vra vir ondersteuning met dié dag.
Die hoofbron van die inkomste met die dag word deur borgskappe of donasies verseker. Jy kan ? baan borg - vier bane teen R1 500 per baan en die ander, R1 000 per baan.
? Borgskap sluit nie spelersfooie vir ? vierbal in nie. As jy besluit om ? baan te borg, kan jy dit vir 'n advertensie gebruik met baniere of ? stalletjie.
Borg
Advertensie materiaal word deur die borg self verskaf en langs die baan aangebring. Donasies kan enige bedrag in kontant wees.
Die kerk sal graag erkenning aan borge wil gee en hulle is welkom om die prysuitdeling by te woon.
Besprekings moet gedoen word by Deleen Jansen van Vuuren by Mosselbaai Moedergemeente (finansies@ngmosselbaai.co.za).
Fooie beloop R600 per span van vier, middagete ingesluit.
Die formaat van die kompetisie is enige formaat van vier en drie wedstryde van 14 koppe elk.
Hamperlootjies sal te koop aangebied word teen R20 per lootjie.
Persone wat aan die Chicken Run wil deelneem, se inskrywings is R20 per persoon.
Prysuitdeling
Die prysuitdeling sal plaasvind na die spel voltooi is. Daar is ook kontantpryse te wen.
'n Veiling sal gedurende die prysuitdeling plaasvind.
Vir enige verdere inligting, kontak die koördineerders, Deleen (044 691 2465, finansies@ngmosselbaai.co.za) of Corné Human (admin@ngmosselbaai.co.za).
Kontak gerus ook vir We-Nita Joubert (082 414 5608 of wenita64@gmail.com) of ds Henri Meyer (083 455 6940, henri@ngmosselbaai.co.za). Items wat geskenk word, kan by die kerkkantoor, hoek van George- en Kerkstrate afgegee word.
‘Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus’