MOSSELBAAI SPORT NUUS - 'n Plaaslike inwoner wat in Tabuk, Saoedi-Arabië werk, het spesiaal na Suid-Afrika gekom om deel te neem aan die Suid-Afrikaanse padfietswedren wat Saterdag, 11 Februarie in Oudtshoorn plaasgevind het.
Ronald Erasmus het in die ouderdoms-groep van 50 tot 59 deelgeneem en het eerste geëindig in sy ouderdomsgroep met 'n tyd van twee uur en 50 minute oor die afstand van 102km.
Buiten die eerste plek het Ronald ook die algehele vierde plek behaal.
Ronald by sy fiets nadat hy die SA padfietswedren in Oudsthoorn in sy ouderdomsgroep gewen het.
'Ons bring jou die nuutste Mosselbaai, Tuinroete nuus'