Die publiek se reaksie was fantasties en niks minder as 40 voertuie het ingeskryf vir hierdie opwindende geleentheid.
Die roete strek oor 9km en bestaan uit relatief maklike en moeilike uitdagings. Die roete bestaan hoofsaaklik uit sand en duine met 'n mengsel van fynbos en natuur woud. Dit is verseker een van die mooiste roetes in die omgewing met asemrowende uitsigte oor die oseaan en berge. Dit is beslis 'n moet vir alle 4x4-entoesiaste en Mosselbaai Motors se 4x4-dag het bewys dat dit 'n opwindende roete is wat saam met vriende en familie geniet kan word.
Een van die hoogtepunte en definitief die grootste uitdaging van die dag was die byna onmoontlike "Fugly"-bult, waar die deelnemers mekaar uitgedaag het in 'n kompetisie om te kyk wie bult-op kon kom van die kortste aanloop. Theuns Kritzinger het met sy Ford Ranger as wenner uit die stryd getree. Edrick Bruwer was kort op sy hakke met sy Colt en Louis Barnard het met sy Jeep bewys dat hy die derde plek waardig is. Na die tyd het almal heerlik saam gekuier in die lapa.
Mosselbaai Motors bedank graag hul borge - Oliver Bande, Campworld, SA Warranties en ook alle ander partye wat gehelp het om 'n sukses van die dag te maak.
Besoek hulle gerus in Louis Fourieweg, Voorbaai of kontak hulle by 044 695 2218.

'n Gesellige atmosfeer het geheers en deelnemers het heerlik na die tyd in die lapa gekuier.
Besoek Mosselbaai Motors gerus in Louis Fourieweg, Voorbaai om die nuutste voertuie op hul vloer te besigtig.