MOSSELBAAI NUUS - Polisiebeamptes van die Da Gamaskop-polisiesone het onlangs op Heidelberg rolbal gespeel.
Mosselbaai-polisiestasie se bevelvoerder Albert Haggard en sy kollega, Pieter Koekemoer het beide goud verower.
Jo-Ann Meyer en Zakes Salemane het weggestap met silwer terwyl Wollie Fourie en Pierre Botha brons gewen het.
Hein Meyer en Danie van Zyl het in die vierde plek geëindig. Die president van Heidelberg-rolbalklub, Kosie Lombaard wens die spelers geluk met hulle prestasie.
Baie geluk aan Zakes Salemane en Jo-Ann Meyer, hier saam met Kosie Lombaard.
Wollie Fourie en Pierre Botha skud blad met die president van die Heidelberg-rolbalklub, Kosie Lombaard.
Hein Meyer en Danie van Zyl het in die vierde plek geëindig.
'Ons bring jou die nuutste Mosselbaai, Tuinroete nuus'