MOSSELBAAI SPORTNUUS - In die lig gesien van die huidige toename in die verspreiding van die Covid-19-virus in die Tuinroete, is daar besluit om die Neill Calitz-skietklub se 2020 klubkampioenskappe wat Saterdag 5 Desember op die Pienaar-skietbaan net buite Mosselbaai sou plaasvind, eerder vroeg in 2021 aan te bied.
Alle ander skiet-aktiwiteite van die klub, soos die elke tweede Woensdag se skietoefeninge is ook vir die res van die jaar opgehef.
Groot dank gaan aan veral Danie le Roux en Willie Germishuys vir hulle opofferinge tydens 'n moeilike jaar.
Lede word 'n geseënde Kersfees en 'n voorspoedige 2021 toegewens.
'Ons bring jou die nuutste Mosselbaai, Tuinroete nuus'