GROOT-BRAKRIVIER NUUS - Twaalf spanne van so ver as Groot-Brakrivier het op Donderdag, 15 Maart op Stilbaai aan die vroue-rolbaldag wat deur Stilbaai Spar geborg is, deelgeneem.
Elke span het drie wedstryde gespeel met baie lag en grappies tussenin. Soos gewoonlik het die vroue van Stilbaai onder leiding van Sandra Mattheus weer lekker eetgoed en 'n heerlike middagete voorgesit.
Die spanne van rolbalkklub op Groot-Brakrivier het uitstekend gevaar deur die eerste en tweede plekke in te neem.
Die wenspan van Groot Brak het bestaan uit Roelien Bruwer (lei), Rosa van der Merwe (2e) en Ria Louw (skip) met die Groot Brak span wat tweede geëindig het wat bestaan het uit Annemarie Jonker (lei), Rene Brand (2e) en Annetjie Vorster (skip).
Die derde plek is ingeneem deur 'n Stilbaai-span wat bestaan het uit Rochelle Vlok (lei), Amanda du Toit (2e) en Veronica Enright (skip).
Die wenspan van Groot-Brakrivier-rolbalklub.
* Tragiese nuus is later die dag ontvang toe dit bekend geword het dat Roelien Bruwer, leier van die Groot Brak wenspan, met die terugry na Groot-Brakrivier net anderkant Albertinia 'n hartaanval gekry het en met haar aankoms by 'n hospitaal op Mosselbaai dood verklaar is.
"Baie sterkte aan haar familie asook die Groot-Brakrivier-rolbalklub met hierdie groot verlies."
'Ons bring jou die nuutste Groot-Brakrivier, Tuinroete nuus'