MOSSELBAAI HENGELNUUS - Triton van Mosselbaai het verlede Saterdag die Eden-hengelvereniging se sewende hengelkompetisie by Kleinkranz die ander klubs uitgestof.
Die hengelaars het van 07:00 tot 15:00 gehengel.
Die grootste oneetbare vis - 'n skeurtandhaai van 176,45kg - is deur Alex Schmidt van Triton-hengelklub ingeweeg en die grootste eetbare vis, 'n kabeljou van 36,17kg is deur Christiaan Ferreira (Triton) geland.
Alex Schmidt (Triton) was die tophengelaar van die dag met 192.44 punte. Koos Gerber van Outeniqua-klub in George was die topmeester met 46.41 punte.
Mariette Westraad van (Stilbaai) was die beste vrouehengelaar met 26.01 punte. Die top o/21-hengelaar was Jonathan Wiehahn (Outeniqua) met 28.42 punte en die top o/16-hengelaar was Conner Noble van Plettenbergbaai met 78.35 punte.
Al die visse is lewendig terug geplaas om bewaring te bevorder.
Punte
Punte van die klubs na die sewende liga is as volg:
- A-liga: 1.Outeniqua (1867.78); 2. Plett (1751.18); 3. George (1650.23); 4. Triton (1502.98); 5. Stilbaai (1484.98).
- B-liga: 1. Triton (1058.75); 2. George (1014.69); 3. Outeniqua (714.85); 4. Plett (587.87); 5. Stilbaai (545.60).
- C-liga: 1. Plett (764.21); 2. Outeniqua (398.73); 3. Triton (184.15); 4. George (182.22); 5. Outeniqua C2 (37.44)
Die volgende kompetisie is op 21 Maart.
Juanco Boshoff met 'n sloephaai van 20kg.
'Ons bring jou die nuutste Mosselbaai, Tuinroete nuus'