SUID-KAAP SPORT NUUS - Vier van die Eden-hengelvereniging se vrouehengelaars is na afloop van verlede week se Nasionale hengelkampioenskappe vir vroue in die Proteaspan opgeneem.
Agt provinsie het aan die kampioenskappe wat in Oos-Londen plaasgevind het, deelgeneem met Eden wat die brons medalje verower het.
Die grootste prestasie was egter die feit dat vier van die vroue, naamlik Elzaan Cronjé (Stilbaai), Antoi Forbes (Plett), Marina Fuchs en Mariette Westraadt (beide George) gekies is as Proteahengelaars wat gedurende 2021 teen Namibië gaan deelneem.
Wilna Venter (Mosselbaai) is vir die Presidentspan gekies vir deelname tydens die Gus Kolnertoernooi.
Vier van die Eden-hengelvereniging se vrouehengelaars is opgeneem in die Proteaspan. Hulle is van links: Antoi Forbes (Plett), Mariette Westraadt (George), Marina Fuchs (George) en Elzaan Cronjé (Stilbaai).
Eden-hengelvereniging se vrouehengelaars is agter van links, Antoi Forbes, Elzaan Cronje, Marina Fuchs (spankaptein), Mariette Westraadt,Wilna Venter en Yolanda Vermeulen. Voor: Banie Vermeulen (bestuurder), Greg Brown (gids) en Phillip van Niekerk (hulpbestuurder).
'Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus'