MOSSELBAAI NUUS - Calie Brown het die Neill Calitz-skietklub se 2022-skietseisoen op 'n hoë noot afgeskop toe hy tydens Woensdag se eerste skietoefening van die jaar 'n voltal geskiet het.
Nog twee van die klub se topskuts, Bennie van den Heever en Willie Germishuys, het net so puik geskiet en beide 99/100 geskiet.
Na twee maande se aflê was die skuts weer lus vir skiet en het die skote behoorlik geklap toe daar ook met die 9mm- en .22-geweer geskiet is.
Uitslae
.22 oor 10m:
1. Calie Brown;
2. Bennie van den Heever en Willie Germishuys;
4. Suzette Herrer;
5. Ivan Maddison en Hannes Ingram;
7. Gerrie Bester;
8. Gert Nel; 9. Liam Brown;
10. Johanna Germishuys.
.22 geweer oor 20m:
1. Liam Brown; 2. Calie Brown; 3. Suzette Herrer; 4. Gert Nel;
5. Gerrie Bester.
9mm oor 10m: 1. Calie Brown;
2. Bennie van den Heever; 3. Hannes Ingram;
4. Gert Nel;
5. Gerrie Bester.
Snelvuur oor 20m:
1. Hannes Ingram;
2. Gerrie Bester;
3. Calie Brown;
4. Bennie van den Heever; 5. Ivan Maddison;
6. Johanna Germishuys; 7. Willie Germishuys;
8. Liam Brown.
Saterdag
Die klub se eerste kompetisiedag vind môre, Saterdag 5 Februarie plaas.
Dit begin omstreeks 09:00 en duur tot om ongeveer 12:30.
Daar sal ook met wind- en .22-gewere geskiet word.
Vir enige navrae oor die klub, kontak Suzette (082 478 8090).
'Ons bring jou die nuutste Mosselbaai, Tuinroete nuus'