Só het die DA Sondag reageer na Eskom se geïntegreerde verslag vir die boekjaar 2014-2015 bekend gemaak is.
Volgens Natasha Mazzone, DA-LP, toon die verslag ook ’n bedrag van R51 miljoen wat op “vrugtelose en verkwistende uitgawes” bestee is.
“Die huidige uitvoerende hoofde aan die stuur van hierdie gebrekkige entiteit vertoon droewig. Dit is uiters onreëlmatig wat hulle ontvang,” het sy gesê.