MOSSELBAAI NUUS - Die besoek van Wes-Kaapse minister van landbou, dr Ivan Meyer in die SWD-streek was werklik vir VLV-vroue 'n eerste.
Die geleentheid het op 25 Mei in die NG Kerk se saal te Groot-Brakrivier plaasgevind.
SWD VLV-takke vanaf Stilbaai tot in Sedgefield het die geleentheid bygewoon wat deur raadslid Annie Janse van Rensburg georganiseer is.
Die oggend is gepas deur SWD-voorsitter Johlene Muller ingelei en het namens die SWD-distrik ‘n sertifikaat van die minister ontvang.
Dr Ivan Meyer het onder gereelde applous en met ‘n gepaste tikkie humor die landbou situasie in die land en dan meer spesifiek die Wes-Kaap, vasgevat. Hy het onder andere gesels oor opvoeding en navorsing, landelike veiligheid, toegang tot markte, klimaatsverandering, ondersteuning van boere asook die invloed van Covid-19 op die landbou-sektor.
Hy het ook gereeld verwys na Mosselbaai-munisipaliteit wat die beste in die land is. Agterna het mnr David Lin, direkteur generaal van Taiwan op besoek in Kaapstad, ook ‘n paar woorde gedeel.
Dit was vir die Klein-Brakrivier tak 'n besondere voorreg om by hierdie geleentheid betrokke te kon wees.
Dr Ivan Meyer en raadslid Annatjie Janse van Rensburg.
Mnr David Lin, direkteur generaal van Taiwan het ook 'n paar woorde met die VLV-vroue gedeel.
Johlene Muller, SWD VLV-voorsitter ontvang sertifikaat van minister Meyer.
Dr Ivan Meyer doen 'n voorlegging oor die landbou-sektor.
'Ons bring jou die nuutste Mosselbaai, Tuinroete nuus'