MOSSELBAAI NUUS - By Kenani is die Vlytige Vingersnaaldwerkgroep hard aan die werk om die nood in die omgewing en elders hierdie winter te help verlig.
Die naaldwerkgroep het 55 poppies gebrei wat deur die NG Gemeente Reebok tydens hulle uitreik na Botswana uitgedeel gaan word.
Vir die Mosselbaai omgewing is daar klein handskoentjies, serpe, mussies, kombersies, truitjies en vele meer gebrei en gehekel.
Vlytige Vingers het ook nege vroetelkussings gemaak om vir Alzheimer se siektepasiënte te skenk.
Indien lesers graag by hulle projekte betrokke wil raak deur wol te skenk, sal hulle dit baie waardeer.
Dit kan by Kenani se kantoor afgegee word.
Vir meer inligting kan Riana by 044 690 3204 geskakel word.
‘Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus’