MOSSELBAAI NUUS - Die tussenverkiesing vir Mosselbaai se wyk 9 vind op 25 Junie plaas.
Mossel Bay Advertiser het vir elk van die vier kandidate die geleentheid gegee om 'n bietjie meer oor hulself te deel.
Die kandidate is Bernard October (onafhanklike kandidaat), Linda Brown (DA), Luhein Prins (PA) en Roderick Damons (ANC).
Bernard October - Onafhanklike kandidaat
My passie vir die gemeenskap het ek uitgeleef as opvoeder vir 25 jaar, asook pastorale diens vir
20 jaar.
Intervensieprogram-me vir jeug, opheffing van bejaardes asook familie en selfdood- en dwelmberading was deel van my daaglikse diens aan die gemeenskap.
Deur drama en digwerk kon heelwat knel-lende gemeenskapsprobleme op Mosselbaai aangespreek word.
Tans fokus my groep op seksuele mishan-deling van jong kinders in die huis. Ek wil die raadsaal as 'n platform gebruik om selfs meer impak in my gemeenskap te maak.
As 'n gemeenskapsaktivis was ek nog altyd by politieke aktiwiteite betrokke. Ek wil die menswaardigheid van ons arm gemeenskappe help herstel en opbou.
Bernard October (onafhanklike kandidaat)
Linda Brown - DA
'n Mens kan amper sê dat ek my hele lewe lank gemeenskapswerk doen. Volgende jaar sal ek al 20 jaar in diens wees as 'n gemeenskaps-ontwikkelingswerker vir die provinsiale regering.
Ek help munisipaliteit met hulle IDP's, hulle wykskomiteevergaderings en so aan. Ek rapporteer gereeld munisipale klagtes en ek help ook met binnelandse sake en Sassa.
Ek is betrokke by al wat 'n organisasie op Mosselbaai is en het eerstehandse ondervinding met GPF's, beheerliggame, kliniekkomitees en sport, veral klubrugby.
Ek is 'n gemeenskapswerker in murg en been en sal letterlik enigiets doen om hulle te help. Ek is die oë en ore van my gemeenskap, a foot soldier for my community.
Linda Brown (DA)
Luhein Prins (Shorty) - PA
Ek is 'n passievolle gemeenskapsleier en toegewyde inwoner van Mosselbaai se wyk 9.
Ek is bekend vir my nederigheid, energie en praktiese betrokkenheid en het myself bewys deur jare se grondvlakwerk-saamhede, van jeugmentorskap tot buurtpa-trollies en plaaslike ontwikkelingsprojekte.
My hart klop vir die gemeenskap, en my bynaam, 'Shorty', weerspieël my toeganklike en nederige aard.
Ek is 'n sterk voorstaander van diens-lewering, werkskepping en veiliger woon-buurte, en glo daarin om waardigheid in elke huishouding te herstel.
Ek is 'n trotse kandidaat van die Patriotiese Alliansie, gereed om met integriteit, aksie en onwrikbare toewyding aan wyk 9 te dien.
Luhein Prins (PA)
Roderick Damons (Basie) - ANC
Ek is gebore en grootgemaak in Mosselbaai en trots gevorm in die Valley.
Van jongs af het ek 'n diep passie ontwikkel vir geregtigheid, regverdigheid en gelyke geleenthede vir al ons mense. As raadslid het ek onvermoeid gewerk om ons gemeenskap veiliger en meer toeganklik te maak.
Tans is ek betrokke by die registrasie vir deernishulp, fasilitering van huisoordragte en weeklikse verspreiding van etes - veral aan kinders en bejaardes.
Ek is ook die voorsitter van JKA Karate, waar ek ons jeug in die gemeenskap ont-wikkel.
Wyk 9 verdien 'n raadslid wat sy mense regtig ken, hul werklikheid leef, en vas staan vir geregtigheid, waarheid en ontwikkeling.
Roderick Damons (ANC)
‘Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus’