Video
MOSSELBAAI NUUS & VIDEO - Wie het gesê jou grootte moet jou selfvertroue in ’n geveg beïnvloed?
’n Renoster by die Botlierskop-privaatwildreservaat naby Mosselbaai skrik beslis nie vir dié reservaat se olifante nie!
Die reservaat het gister, 8 Oktober, ’n video op sy Facebook-blad gedeel waarop ’n renoster en olifant effens haaks met mekaar raak.
’n Besoeker, Deon van den Berg, het die beeldmateriaal vasgevang toe hulle gedurende ’n wildrit op dié toneel afgekom het.
In sy plasing beskryf die reservaat dit as die natuur se krag ten volle vertoon.
“Oomblikke soos hierdie herinner ons hoe besonder die lewe in die natuur kan wees - elke ontmoeting waarlik enig in sy soort,” het die reservaat gesê.
VIDEO: Renoster skrik g’n
‘Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus’