MOSSELBAAI NUUS - Mosselbaai se wyk 9 het volgens nie-amptelike uitslae van kleur verander ná gister, 25 Junie, se tussenverkiesing.
Volgens die uitslae wat deur die PA gedeel is, het dié party se Luhein Prins (Shorty) as wenner uit die stryd getree.
Volgens hierdie uitslae is die kruisies soos volg getrek:
• PA: 1 188
• DA: 897
• ANC: 179
• Onafhanklik: 42
Die onafhanklike verkiesingskommissie se amptelike resultate word vanmiddag verwag.
‘Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus’