Breaking News
MOSSELBAAI NUUS - Volgens George-munisipaliteit is die Outeniqua Pas buite George vanoggend, 9 April, met onmiddelike effek gesluit vir motoriste.
Volgens die Rampbestuursdienste is die pas gesluit weens oormatige water op die padoppervlak.
Verkeersamptenare sal by die ingange vanaf die George- en Oudtshoorn-kante gestasioneer word. Opdaterings sal verskaf word indien die pas weer vir voertuie oopgestel word.
Berigte is ook ontvang dat die Blesbok pad oor die Brandwagrivier ook gesluit is weens vloedwaters. Boere in die Ruiterbos omgewing het sedert gisteraand tussen 50mm en 75mm reënval gemeet.
Volgens die Mosselbaai-munisipaliteit is die Wolwedansdam vol en besig om oor te loop.
Video: Henry Meyer
Die Tuinroete en ander distrikte is steeds onder vlak 4 waarskuwings vir hewige reënval en vloede en nooddienste is op gereedheidsgrondslag vir enige gebeurlikhede.
‘Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus’