Wyn, Steve en meer wag vandag, 2 Mei, by die Garden Route Family Experiences.
Vir 'n opwindende viering van Suid-Afrikaanse klanke én geure, sluit gerus by hierdie item op die program aan.
Geniet 'n ervaring van rooi versnitte, kraakvars witwyne en 'n versameling van versnaperings wat fynproewers sal laat regop sit.
Terwyl jy aan jou wyntjie teug en 'n eetdingetjie geniet, sal Steve Hofmeyr sy plek op die verhoog inneem om die gehoor te vermaak.
Ander plaaslike kunstenaars sal voor Steve se optrede sorg vir 'n witwarm atmosfeer.