MOSSELBAAI NUUS - Twee voertuie was vanmiddag, Maandag 28 Junie op die kruising van die R102 en die Monte Christo-pad in 'n botsing betrokke.
'n Voorlopige ondersoek dui daarop dat 'n Volkswagen-voertuig en ‘n GWM-bakkie in die voorval betrokke was.
Die ongeluk het om ongeveer 16:00 plaasgevind.
Die bestuurder van die Volkswagen het vanaf Oudsthoorn in die rigting van Riverside op die R102 gery terwyl die bakkie vanuit die teenoorgestelde rigting gery het.
Niemand is tydens die voorval beseer nie.
Die bakkie na die ongeluk.
'Ons bring jou die nuutste Mosselbaai, Tuinroete nuus'