MOSSELBAAI NUUS - Min dinge is so feestelik soos 'n kunstenaar wat 'n gehoor lekker kan laat saamsing.
By die Garden Route Family Experience is daar 'n ordentlike versameling van presies dít.
Fatman sal jou sommer wil laat dorp toe gaan, maar gelukkig sal dit te lekker by die fees wees!
Piet Pompies sing dalk van 'n Potch Prinses, maar wag tot hy op Mosselbaai arriveer. En vir al die prinsesse het Liezel Pieters liries geraak oor die liefde.
Steve Hofmeyr het natuurlik geen voorstelling nodig nie.
As die groot name of die plaaslike kunstenaars dit nie vir jou doen nie, kom sing sommer jou eie liedjies! Ja, op 1 Mei is dit Karaoke Nite - warm solank jou stem op.
Kry jou kaartjies op Quicket.
Kry meer inligting en die program by Garden Route Family Experiences.
‘Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus’