MOSSELBAAI NUUS - Evelyn Scheepers het vandag, 19 Februarie, 'n besondere mylpaal behaal deur haar 93ste verjaarsdag te vier.
'n Partytjie is deur haar uitgebreide familie gereël om dié geleentheid te vier.
Evelyn is in 1932 op Oudtshoorn gebore en het haar vroeë kinderjare in George deurgebring. Sy woon nou op Mosselbaai in Uitbreiding 8.
Sy is op 'n jeugdige 21 jaar in 1953 met Isaac Scheepers getroud. Uit dié huwelik is 12 kinders gebore.
Dié gesin het met 'n verdere 20 klein- en 25 agterkleinkinders aangegroei. Isaac het haar ongelukkig in 2006 reeds ontval.
Haar geheim vir 'n lang lewe is eenvoudig. "Stel God eerste in alles wat jy doen, en eer jou ma en pa," het sy gesê.
‘Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus’