MOSSELBAAI NUUS - Die Covid-19 mobiele toetsstasie wat sedert die begin van die pandemie by die parkeerterein tussen De Bakke en Santos gestationeer was, het nou na ‘n nuwe tuiste geskuif.
Tans word die toetse by die ou KFC-gebou oorkant die ingang na die Superspar in Da Nova gedoen. (Koordinate -34.18243, 22.1333).
Die toetsstasie was vandag, op die eerste dag, vroegoggend al bedrywig. Dit word steeds as ‘n deurry-diens bedryf. Voertuie parkeer in die parkeerarea en sodra die papierwerk voltooi is, kan die voertuie in die ry inval vir individue om getoets te word.
By die eerste venster word die toetse uitgevoer, terwyl jy in die motor sit en by die tweede venster aan die anderkant van die gebou, word die betalings ontvang.
Die toetstye is van Maandag tot Vrydag 08:00 tot 14:00 en op Saterdae en publieke vakansiedae vanaf 08:00 tot 12:00.
Die toetstasie sal gesluit wees op Sondae en Kersdag. Vir meer inligting skakel 066 244 0406.
'Ons bring jou die nuutste Mosselbaai, Tuinroete nuus'