Video
MOSSELBAAI NUUS EN VIDEO - Meer as 400 kinders kon Woensdag in Mooneystraat, Civic Park beswaarlik hulle opgewondenheid bedwing om Kersvader te siene te kry.
Die geleentheid was die jaarlikse Kerspartytjie wat deur raadslid Niklaas Booisen aangebied word.
Raadslid Booisen en sy oorlede vrou, Debbie het nege jaar gelede met hierdie inisiatief begin en dit het gegroei tot 'n geleentheid waarby verskeie vrywilligers tans betrokke is.
Vanjaar het raadslid Booisen, wat altyd as Kersvader verskyn, die kinders 'n poets gebak deur eers 'n kamma-Kersvader te voorskyn te laat kom om die afwagting nog so 'n bietjie uit te rek.
Kyk 'n video hieronder
'n Glimlag alleen, spreek boekdele.
"Ek dra vandag se geleentheid ook aan my vrou op wat dit saam met my begin het," het raadslid Booisen gesê.
ARTIKEL, VIDEO & FOTO'S: CORNELLE CARSTENS, MOSSEL BAY ADVERTISER-JOERNALIS
'Ons bring jou die nuutste Mosselbaai, Tuinroete nuus'