Video
MOSSELBAAI NUUS EN VIDEO - Die Da Nova-buurtwag het Saterdag, 22 Augustus vir die eerste keer sedert hul bestaan 'n fondsinsamelingsprojek gehou deur boere- en kaasworsrolle te verkoop.
Aanvanklik was die komitee skepties oor die poging aangesien die gemeenskap swaar gebuk gaan onder die huidige ekonomiese toestande, maar tot almal se verbasing kon hulle uiteindelik skaars met die verkope voorbly.
Die buurtwag het meer as 300 worsrolle verkoop.
Saam met addisionele skenkings, gaan dit 'n groot hupstoot gee aan hul doelwit om LPR en oorhoofse kameras in die area te installeer. Die Bo- en Onderdorp-buurtwagte het reeds kameras in hul areas.
Die Da Nova-buurtwag bedank alle donateurs. "Sonder julle sou dit nie moontlik gewees het nie." Die komitee is van voorneme om op 'n gereelde basis soortgelyke projekte te loods. Hierdie projekte sal uiteindelik voordeel van die gemeenskap wees. Kliënte van die kleinsake ondernemings in die spesifieke sentrum sal hierby baat aangesien parkeerareas gereeld deur opportunistiese misdadigers misbruik word.
Kyk 'n video hieronder:
Die Da Nova-buurtwag vra die gemeenskap se ondersteuning die volgende fondsinsamelingsprojek wat ook ten bate van die kameras sal wees. Lootjies sal verkoop word vir 'n geskenkpak bestaande uit 'n lambsboud, 'n heel geslagte hoender en stokvis.
Vir meer besonderhede kontak Denise (083 790 3113) of Martie (071 514 4501).
Lede van die Da Nova-buurtwag hard aan die werk om fondse in te samel. Foto: Jannie du Plessis
'Ons bring jou die nuutste Mosselbaai, Tuinroete nuus'