MOSSELBAAI NUUS - Die Groot-Brakrivier Brass Band se vakansieprogram is oorgehaal om af te skop.
Van 1 Desember, sal die groep op Mosselbaai se strande begin optree.
Die musikante, bestaande uit kinders van die Groot-Brakrivier- en Sonskynvallei-gemeenskappe, het hard gewerk om 'n spogvertoning op die planke bring.
’n Fondsinsameling word gehou vir die aankoop van instrumente. Instrumente is nie goedkoop nie, en baie van die musikante kan dit nie uit hul eie sakke bekostig nie.
Die doel van die groep is om die woord van God met die jeug, deur musiek, te deel. Die deelnemende kinders word sorgvuldig opgelei om die instumente te bespeel en hoe om verantwoordelik met die versorging daarvan om te gaan.
Die groep neem ook deel aan kompetisies, soos die jaarlikse Eden FM Brass Band and Christmas Choir kompetisies. Die musiekgroep hou 'n fondsinsameling vir die aankoop van instrumente. Foto: Verskaf
Hulle was ook al by die optog van die Kaapse Klopse betrokke, wat elke jaar op 2 Januarie in Kaapstad plaasvind.
Indien iemand belangstel om die groep te huur vir funksies op Mosselbaai, kontak asseblief vir Pietman Davids (072 786 2536) of (071 484 4412).
‘Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus’