Update
HARTENBOS NUUS - Bonzo’s het die hernude huurkontrak van ATKV-Hartenbos van die hand gewys. Die ATKV-bestuur sê in ‘n verklaring na die onlangse sosialemediaveldtog en versoeke deur die publiek het die Hartenbos Strandoord se bestuur besluit om weer vir Bonzo’s ‘n ooreenkoms aan te bied, met uitklaring oor sekere aspekte wat voorheen glo problematies was.
Die ATKV sê Bonzo’s was egter nie vir die nuwe ooreenkoms te vinde nie.
Dit behels onder meer dat slegs die erf wat volgens die ooreenkoms gehuur mag word, gebruik mag word en dit sluit nie die Strandverhoog in nie. Ook, sê die ATKV geen honde of troeteldiere word op Wandellaan toegelaat nie.
“Dit is deel van munisipale asook algemene regulasies om aan Blouvlag-strandstandaarde te voldoen.” Die ATK V sê die huurbedrag is sedert 2020 nie jaar vir jaar aangepas nie, en is intussen aangepas.
“In die lig van bogenoemde het Bonzo’s besluit om nie met die nuwe ooreenkoms voort te gaan nie en die kiosk teen einde Augustus 2022 te sluit. Daar is ander belangstelling in die perseel en verdere gebruik en aanwending sal mettertyd aan die publiek bekendgemaak word.”
Vorige artikel: Restaurateur concerned at criticism of ATKV
'Ons bring jou die nuutste Hartenbos, Tuinroete nuus'