MOSSELBAAI NUUS - Met die feesseisoen amper verby, het dit ook nie sonder voorval verloop nie.
In 'n gesamentlike operasie deur plaaslike wetstoepassers op Sondag, 5 Januarie, is drie arrestasies vir die besit van dwelms uitgevoer.
Daar is op verskeie mandrax pille en ook ses plastiese banksakkies met metamfetamien (tik) beslag gelê. In Oktober 2024 is die Veiliger Feesseisoen-inisiatief op Mosselbaai van stapel gestuur.
Instansies soos die Suid-Afrikaanse Polisiediens (SAPD), Tuinroete Distriksmunisipaliteit (GRDM), Mosselbaai-munisipaliteit en verskeie belanghebbende groepe op die Tuinroete het daaraan deelgeneem.
Verskeie operasies is uitgevoer om die feesseisoen vir plaaslike inwoners sowel as die besoekers so genotvol moontlik te maak. Die Veiliger Feesseisoen-inisiatief is steeds geldig.
‘Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus’