Breaking News Update
MOSSELBAAI NUUS - Die departement van omgewingsbestuur het Woensdag, 30 November verskeie strandgebiede weer oop verklaar vir die publiek.
'n Vlagstelsel is ingestel wat die toestande van strande aandui.
Groen is vir 'n skoongemaakte strand, oranje dui daarop dat daar nog oliekorrels op die strand is en 'n rooi vlag dui op 'n hoë vlak van besoedeling.
Die huidige groen strande wat Woensdag, 30 November weer oopgestel is, is by Die Punt, Santos, De Bakke, Hartenbos Platform en Glentana.
Mosselbaai spog met vyf Blouvlagstrande met die Blouvlagseisoen wat môre, 1 Desember begin.
Die aankondiging dat die strande weer oopgestel is, kom na strande sedert Dinsdag, 29 November gesluit is toe dit bekend geraak het dat teeragtige balletjies of oliekorrels in die seewater voorkom.
Die Tuinroete-distriksmunisipaliteit het dadelik begin met 'n gekoördineerde poging om die situasie te bestuur.
Soortgelyke oliekorrels is al langs die kuslyn vanaf Gouritzmond tot by Plettenbergbaai aangemeld.
Die departement het dadelik begin om die situasie te assesseer en met skoonmaakoperasies begin.
Die opruimingsaksies duur voort.
Die bron van die besoedeling is nog nie bekend nie.
Skoonmaakbedrywighede sal voortgaan. Wasgeriewe is by die strande voorsien vir strandgangers se gerief.
Vorige arikels:
'Ons bring jou die nuutste Mosselbaai, Tuinroete nuus'