MOSSELBAAI NUUS - Die bou van Hartenbos Seefront se ysskaatsbaan, as nuwe toevoeging tot die veeldoelige sentrum, is vir eers op die ys geplaas.
Adri van Dyk, sentrumbestuurder van die Hartenbos Seefront, het Dinsdag, 13 November gesê die projek gaan nog voort, maar weens omstandighede buite hulle beheer is dit vir ongeveer ses maande eers opsygesit.
"Daar is nog geen finale datum wanneer die ysskaatsbaan voltooi sal wees nie, maar die oogmerk is om dit in 2019 te voltooi."
"Verskeie onverwagste uitdagings het opgeduik en word aangespreek. Een van dit is die afsterwe van die oorspronklike kontrakteur."
Van Dyk sê die beplanning is reeds baie ver gevorder en reeds in 'n volgende fase.
'Ons bring jou die nuutste Mosselbaai, Tuinroete nuus'